Die Goue Draad van Liefde – eBoek

$0.00

Die stories, buiten vir ‘Met ’n knippie sout’, wat in hierdie boek vertel word, is almal gebaseer op ware verhale uit my gemeenskap.

Author: Lee Redel

Description

’n Moeder se liefde: Klare word jare lank deur haar seun, Johan, mishandel en misbruik. Omdat sy haar seun onvoorwaardelik liefhet, gooi sy nooit tou op nie en bly sy bid en glo dat God hom sal red. Haar liefde vir en geloof in God en die sekere wete dat Hy leef en by haar is, is soos ’n onbreekbare goue draad van liefde wat konstant deur die tapisserie van haar lewe ingeweef is.

Die Stert kant van die pennie: Dit is ’n storie van Martie, een van ons vergete weggooi mense. ’n stert kant van die pennie mens. Nadat sy alles in die lewe verloor het, het sy saam met ander weggooi mense in die wind en die weer geslaap. Elise, ’n kop kant van die pennie mens, sien vir Martie eendag raak en Martie kry ’n tweede kans in die lewe.

Met ’n knippie sout: Hierdie is ’n tong-in-die-kies, lawwe, humoristiese storie van ’n boer se stryd met ’n parmantige leeu. Ag, wat wou…net om die lagspiere so ’n klein bietjie te oefen.

Hoe nou gemaak?: In hierdie ekonomiese klimaat is daar baie mense wie se krag afgesny word of nog erger, hulle huise verloor. Mense wat in die goeie tye net-net kop bo water kon hou. Susan is een van hierdie mense. ’n Kennis gewing in die posbus sê vir haar dat die krag en water in die volgende week afgesny gaan word. Maar vir Susan is dit nie die einde van die wêreld nie. Dit is maar net nog ’n nuwe uitdaging vir haar.

(0.6 MB)

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Goue Draad van Liefde – eBoek”